Bio
Bakwali Mothobi
Born: 1952-12-12
Intl. since:
Hometown:
Country: Botswana
Speaks:
Occupation:
Hobbies:

DIE historiese besoek van Kameroen se sokkerspan aan Suid-Afrika is ernstig in die weegskaal. Die toerspan het gister gedreig om hom aan môre se derde en beslissende stryd in Johannesburg te onttrek nadat hy gister se tweede toets in Goodwood met net nege spelers voltooi het. Twee van die spelers, Jules Onana (verdediger) en Jean-Claude Pagal (middelskakel) is kort ná mekaar in die tweede helfte op erg omstrede wyse deur die skeidsregter, mnr. Bakwali Mothobi van Botswana, die trekpas gegee. Mnr. Mothobi het nie gehou van Onana se aanhoudende klaery nie en hom in die 56ste minuut die rooi kaart gewys. Twee minute later het hy dieselfde aan Pagal gedoen nadat dié speler hom aan ongeoorloofde spel skuldig gemaak het. Jules Nyongha, Kameroen se afrigter, het agterna gesê sy span sal slegs môre speel as 'n ander skeidsregter die fluitjie gaan hanteer. ``Dié man was pateties. Sy optrede was lagwekkend en het groot afbreek gedoen aan 'n historiese geleentheid. ``Ons speel beslis nie weer met hom in beheer nie.'' Mnr. Nyongha het bygevoeg dat die toerspan heeltemal tevrede sal wees met 'n plaaslike skeidsregter. Die skeidsregter se optrede het die besoekers só erg ontstel dat Roger Milla, die span se veteraan- doelskut, by twee geleenthede oorgehaal moes word om op die veld te bly en die wedstryd te voltooi. Sowat agtienduisend toeskouers het die wedstryd dopgehou. Die organiseerders het gehoop op sowat 35 000, maar na verneem word is heelwat entoesiaste afgeskrik deur die buitensporige hoë toegangsgeld. 'n Bespreekte sitplek het R25 stuk gekos en dié vir staanplekke R15, vergeleke met R15 (bespreek) en R10 (staanplek) vir Durban en Johannesburg. Kameroen het die kragmeting met 2-1 gewen om sodoende gelyk te trek in die reeks van drie. 'n Reuse-skare word nou môre in die ENB-stadion in Johannesburg verwag.

Did you know

  • When Mothobi sent off two Cameroon players in a friendly in and against South Africa, Cameroon threatened to go home and forget about the third match they planned to play in their historical (it was 1992) tour. Roger Milla, the famous veteran forward even had to be stopped leaving the field in anger. Cameroon still won the match.
Statistics
Statistics for BAKWALI MOTHOBI
Totals Home Away Total
Penalties 0 0 0
Fouls 0 0 0
Yellow 0 2 2
YellowRed 0 0 0
Red 0 2 2
Averages Home Away Total
Penalties 0 0 0
Fouls 0 0 0
Yellow 0 2 1
YellowRed 0 0 0
Red 0 2 1

Based on 1 international matches

Matches
MATCHES FOR BAKWALI MOTHOBI
Date Score Yellow Red Penalties Fouls
friendly
South AfricaCameroon1992-07-091 - 2 2 (0-2)2 (0-2)0 (0-0)0 (0-0)